Trek die speelgoedboks nader!

 

Min van ons het nie die behoefte vir nog 'n geleentheid om lekker te speel nie - om te eksperimenteer, verskeidenheid te ervaar, te leer, grense uit te daag. Wat daarvan om te versamel aan items vir 'n seksuele "Pandora se boks"? 'n Skatkis (met 'n sleutel indien julle nie wil he die kinders of huishulp moet die inhoud ontdek nie!) vol allerhande heerlike speelgoed, streelgoed en stoutgoed net vir julle vir die slaapkamer.

Indien jy met seksspeelgoed wil eksperimenteer, sal jy dalk verras wees oor die verskeidenheid wat beskikbaar is. Sommige is vir solo plesier, sommige vir pare. 'n Belangrike reël vir die gebruik daarvan in 'n verhouding is egter dat jy met jou maat moet kommunikeer daaroor sodat julle albei weet wat vir beide van julle aanvaarbaar sal wees. Julle moet ook in klein stappies begin eksperimenteer (dit mag dalk vir een of beide van julle oorweldigend wees om te begin met 'n reuse vibrator wat op drie verskillende areas stimuleer!).

Hou in gedagte dat sulke speelgoed nie normale seksuele plesier vervang nie, maar dat dit bedoel is vir 'n verskeidenheid van speletjies en sensasies. Higiëne is ook 'n belangrike aspek van seksspeelgoed gebruik - was speelgoed altyd goed na gebruik (batterye moet nie nat word nie), gebruik 'n kondoom bo-oor 'n vibrator indien daar enige vrees vir seksueel oordraagbare siektes bestaan en indien enige speelding anaal gebruik is, moet dit eers gewas word (of die kondoom daaroor vervang word) voordat dit elders gebruik word. Hierdie aanbevelings voorkom die versprei van kieme wat elders infeksie en ongemak kan veroorsaak - dit verseker dus dat die pret nie bederf word nie!

Die verskeidenheid is legio en geen een persoon kan vir 'n ander voorskryf wat om te gebruik nie - jy sal maar jouself moet leer wat vir jou en jou maat werk.

Die maklikste tipes speelgoed is die soort wat jou herinner aan seks, jou laat lag daaroor - dit sluit bv. in:

  • Dobbelstene met prentjies van posisies, seksuele_tegnieke, vertrekke van die huis op. Jy en jou maat maak beurte om die steentjies te gooi en dan moet julle maak soos wat die dobbelstene val - bv. seks hê in die sitkamer, in die "doggy_style" posisie.
  • Grappige items soos penisvormige_yshouers, koekpanne(!), sleutelhouers en 'n warmwatersak met 'n sagte penis of borste daarop.
  • Kaartspeletjies met 'n seksuele tema.

Sensuele klere:

  • Sexy_onderklere - kant deurtrekkers en bra's, sykouse sonder die deeltjie wat die genitalieë sou toemaak of met 'n spleet in die middel.
  • Leer klere van allerlei soorte wat baie styf span.
  • Visnet sykouse,
  • "Garters" wat sykouse sonder die broekgedeelte ophou - met of sonder 'n deurtrekker.
  • Deursigtige klere.

Nog "mak" speelgoed sluit die sensuele stimulasie speelgoed in, bv.:

  • 'n Verskeidenheid van smeermiddels - Astroglide is goed, maar eksperimenteer ook met ander tipes vir ander sensasie, smake, sensasies. Voorbeelde hiervan is Hot Motion Lotion, ens. Maak seker hoe dit smaak sodat jy weet of jy dit kan aanwend waar jy nog later gaan lek.
  • Dinge waarmee jy jou maat sensueel kan ervaar - veertjies,  sjokolade "verf" om aan te smeer en af te lek, 'n bietjie room op die tepels/genitalieë of sjampanje wat oorvloei uit die naeltjie werk natuurlik ook.
  • 'n Verskeidenheid van olies kan ook gebruik word - (sit net eers handdoeke oor die beddegoed) - baba_olie - aromatiese_olie

Vibrators_vir_vrouens_en_mans :

Vibrators het 'n motortjie in wat liggies vibreer en so 'n lekker sensasie veroorsaak wanneer dit teen/in die genitalieë beweeg/gedruk word.

Indien jy 'n vibrator wil gebruik (solo of saam), maak seker dat jy eerstens jou eie en jou maat genitalieë goed verken en verstaan. Neem tyd om seker te maak jy weet wat wek jou op en wat lekker voel. Dis belangrik dat jy jouself "in die bui" kry. Wanneer jy reg is, raak eers aan jouself op jou neus, maag, dye - voel hoe dit voel, hoe vinnig jy die apparaatjie wil stel. Beweeg dan die vibrator oor verskillende dele van jou genitalieë. Ek beveel aand dat jy beslis ook eksperimenteer daarmee om smeermiddel saam met dit te gebruik.

As dit op 'n vrou gebruik word - druk dit teen haar klitoris, die area rondom haar klitoris, pubiese area, labia (vaginale lippe), vaginale opening en anus. Dit kan ook op 'n man gebruik word deur te druk op jou penis skag (die lang kant gedeelte), die basis van die penis, die skrotum, perineum (fondament) en anus (gebruik weereens smeermiddel).

Varieer die druk en spoed en indien dit te intens voel, sit 'n laken/handdoek/kledingstuk tussen die vibrator en die spesifieke liggaamsdeel.

Dit word van verskillende tipes materiale gemaak - met verskillende effekte en moontlikhede vir gebruik.

Die volgende tipes is beskikbaar:

  • Bad en stortgoed (bv. 'n spons) met 'n ingeboude vibrator. Hierdie kan dus in water gebruik word.
  • Eenvoudige_vibrator - 'n reguit of gekurfde stafie van verskillende kleure wat vibreer wanneer aangeskakel. (Gewoonlik nie waterdig nie). Die doel van die kurwe van sommiges is om die G-kol te kan stimuleer. Sommiges is rigied, ander buigbaar.
  • Vibrators wat soos penisse lyk (wel, amper - sommige is redelik lewensgetrou, maar die pienkes en die met allerhande krale en systukke aan lyk nie so lewensgetrou nie). Dit kan ook addisionele stukke aan he om gelyktydig die vaginale holte en die klitoris of anus te kan stimuleer.

Dildos

'n Dildo is ook 'n silindriese speelding, maar dit kan nie vibreer nie. Die doel is ook vir sensasies deur dit in die vagina of anus in te druk en rond te beweeg of om mee teen die klitoris te skuur.

Anale_speelgoed 

Van belang by enige anale speelgoed, is dat jy moet sekermaak dat hulle nie kan "wegraak" in die anale kanaal nie. Dit beteken maar net dat dit aan 'n stewige basis vas moet wees - 'n handvatsel of breë deel van die speelding moet aan die een punt vas wees. Die meeste van die apparate is wel so gemaak. Hou die riglyne vir higiëne in gedagte en maak voor gebruik seker dat dit geen skerp uitsteekseltjies oorgehou het tydens die maak daarvan nie. Lg. kan net afgevyl word voor gebruik.

Maak seker dat die anale sfinkter ontspan voordat jy enige-iets in jou anus in druk. Gebruik genoeg smeermiddel op jou vinger en anus en vryf eers liggies om jou anus met jou vinger. Laat jou vinger dan stadig in jou anus ingly, haal diep en stadig asem en ontspan. Indien dit nie gemaklik voel nie, hou op of vat dit nog stadiger. Indien jy gemaklik is hiermee, eksperimenteer daarmee om die anale speelgoed in jou anus in te plaas. Begin met die kleinste waarmee jy gemaklik voel (onthou net altyd baie smeermiddel!) en eksperimenteer dan met groter deursnee apparate.

  • Anale_krale : Krale vasgemaak aan 'n tou. Die krale word een op 'n keer in die anale kanaal ingedruk.
  • Vibrators en dildos kan anaal gebruik word.
  • Butt_plugs is apparaatjies wat in die anus ingedruk kan word. Dit word ook van verskeie tipes materiale gemaak - sommige selfs met sagte uitsteeksels aan om sensasie te verhoog. Sommige kan bo-oor jou vinger pas soos 'n handskoen sodat jy jou vinger binne-in kan gebruik as stimuleerder.

Penisringe - Cock_rings 

Hierdie "ringe" word gebruik om bloedvloei uit die penis te beperk - dit veroorsaak 'n sensasie van druk en styfheid wat baie mans geniet. Alhoewel dit die gevoel skep dat ereksies harder is en soms langer hou, word dit nie aanbeveel as behandeling van erektiele probleme sonder om die toestand met 'n dokter te bespreek nie. Dit moet ook nooit vir langer as 20 minute (of korter indien jy ongemaklik voel) aangesit word nie.

Twee variasies van posisionering kom voor - by die basis van die penis asook agter die skrotum. Meeste mans vind dit makliker om aan te sit voor hulle 'n volle ereksie het. Wees ook maar versigtig vir hare wat vasgeknyp kan raak!

Ringe behoort nie gebruik te word deur mans met suikersiekte, siektes van die perifere vaskulêre- of senuweestelsel of wat op antistol medikasie is of infeksie van die area het nie. Indien jy onseker is - vra 'n seksuoloog.

Sommige penisringe het ook 'n klein klitorale stimuleerder aan die een punt (met 'n battery en motortjie - dan werk dit soos 'n vibrator of sonder die motortjie vir gewone direkte stimulasie)

Weereens 'n baie groot verskeidenheid beskikbaar -

  • Rekbare latex - 'n deurlopende ring wat maklik aansit en afhaal a.g.v. hul rekbaarheid. Meer as een kan gedra word vir ekstra druk om die penis.
  • Enkel band verstelbare ring - dit word reg rondom die skrotum gesit en aan die bokant van die penisbasis vasgemaak so styf as wat dit jou pas. Hulle is goed vir eerste-keer gebruikers omdat hulle goedkoop is, maklik aansit en afhaal.
  • Soliede ring - vir die ervare "ringdraer". Terwyl die penis sag is, word die testes (een vir een) deur die ring gesit en dan die sagte penis. Smeermiddel kan gebruik word om na orgasme (en gepaardgaande afname in ereksie) die ring te verwyder. Sommige mans glo daaraan om 'n knipper byderhand te hou (net vir in geval).
  • Veelvuldige band ring - hierdie ring het veelvuldige bandjies wat rondom die skrotum, testes en penis gespan en vasgemaak word. Ook vir die ervare gebruikers.

Penis_pompe

Hierdie pompe word gebruik as masturbasie hulpmiddels - nie vir penisvergoting nie! Dit kan wel op die klitoris en tepels ook gebruik word. Die pomp veroorsaak 'n vakuum in die omgewing waar dit aangewend word, meer bloed vloei na die area en jy ervaar verhoogde sensasie - 'n gevoel van suiging. Wanneer dit weer af is en die bloedvloei weer na normaal terugkeer, ervaar jy weer 'n tintelende sensasie.

Dit moet saam met smeermiddel gebruik word om die area waarop jy dit wil gebruik goed af te seel. Hou die suigdeel teen die deel van jou lyf waar jy die apparaat wil gebuik en druk die pomphandvatsel - doen dit stadig.

Masturbasie_hulpmiddels

Dis nie die "regte ding" nie, maar sommige mans hou daarvan om 'n kuns vagina, hele of gedeelte van 'n voulike lyf met 'n vagina en anus of selfs 'n kuns mond te gebruik om met masturbasie te help. Dit hang af van jou keuse hoe jy hierdie apparate gaan posisioneer en gebruik. Hou higiëne in gedagte met hierdie speelgoed.

Daar is 'n groot verskeidenheid. Daar is selfs nou heelparty aanlyn winkels beskikbaar wat spesifiek smaakvol ontwerp is om dit vir vrouens meer toeganklik te maak. Gesels met jou maat hieroor en besluit waarmee julle wil eksperimenteer deur 'n paar speelgoed vir grootmense in jul slaapkamer in te dra!

 

Artikel geskryf deur www.feelwell.co.za

 

Random Products

Stretchmarks cream
Stretchmarks cream
Sterling silver belly rings
Sterling silver belly rings
Leather collar and cuffs
Leather collar and cuffs
Funky belly rings
Funky belly rings

Who's Online

We have 124 guests online